NEWSLETTER

 Volume 57 no. 52 - 2719 24 Julie 2010

 WEAR YOUR ROTARY PIN WITH PRIDE

 NOTULE VAN VERGADERING GEHOU TE CUMBERLAND HOTEL,WORCESTE OP 19 JULIE 2010

 In die Stoel:

 Pres.Willem Burger is op sy plek, en heet almal welkom.

 Algemeen:

 Jaarlikse Adresboekies : Attie het toe die boekies saamgestel en gedruk, soos net hy dit kan doen (vir die 27ste keer!) Handy printing het dit gratis gebind en gelyk gesny. Dit is, soos gewoonlik, ‘n puik stukkie werk, en ons is hom baie dank verskuldig, veral in ag genome die feit dat hy nie baie lekker gevoel het nie, en in ‘n baie kleiner spasie moes werk as wat hy vrooer aan gewoond was.

 Hy wou graag die boekies self kom uitdeel, maar het nie sterk genoeg gevoel om dit te doen nie. Op die oomblik gaan dit weer beter, en, ek is oortuig dat almal saam met my vir hom strerkte toewens.

 Gasspreker:

 Pres. Willem stel Christo van Dyk aan die woord. Hy het baie te vertel oor OBESITEIT, wat wêreldwyd op groot skaal toeneem, en gepaard gaan met allerlei siekte toestande soos hartkwale, diabetes, osteoporose, kanker, galstene, lewersiektes,asma, depressie, en seker nog heelwat ander (wat ek nie kan onthou nie)

 Obesiteit kan ‘n man se lewe met 8 jaar verkort, en ‘n vrou s'n met 6 jaar.

 Die Amerikaners is blykbaar die grootste sondebokke wat slegte eetgewoontes en min oefening betref. Soveel as 80% van Amerikaners is obees, terwyl 25% iets doen waar hulle net heeldag sit. Die land spandeer jaarliks miljoene dollars om siektes wat verband hou met obesitiet te behandel.

 Net soos daar newe-effekte by medikasies is, is daar ook newe-gevolge van obesitiet, soos die probleem wat lugrederye het met "groot mense" wat eintlik twee sitpleke nodig het, en ‘n vliegtuig gevaarlik oorgewig kan maak. Dit gaan tot gevolg hê dat vliegkaartjies al hoe duurder word, want die sitplekke sal groter gemaak moet word; gevolglik minder betalende passasiers.

 2.

 Hoe word obesiteit gemeet? Deur jou gewig (in Kilogram) te deel deur jou lengte (in meters) kwadraat. Voorbeeld : As jy 129 Kg. Weeg, en 1,7 meter lank is, is die antwoord van die som 44,6, en dit is bekend as jou BMI (Body Mass Index). Tussen 10 en 18,5 is Ondergewig; tussen 18,5 en 25 kan jy jouself as "Netjies gebou" beskou. Tussen 30 na 40 is jy oorgewig, en van 40 tot 70 is jy BAIE OORGEWIG.

 Obesiteit is besig om ernstig toe te neem onder kinders, wat ‘n groot probleem is.

Jou kans om diabetes of hipertensie te kry terwyl jy oorgewig is, is baie goed.

 Wat kan jy doen om jou BMI af te bring, behalwe om baie minder te eet , is natuurlik om die regte goed te eet. Soos ek dit sien, is ‘n goeie aanduiding van die "regte goed" die oorweging of dit kan werk in ‘n rangskking of nie. So sal spinasie, kropslaai, geelwortels, groen, geel en rooi soetrissies sekerllik werk, maar nie vetkoek, hamburgres, gebraaide uieringe en ‘chips' nie.

 Die idee is om te sny op stysels, en te gaan vir kosse met ‘n lae G.I., soos hawermout, wat ‘n "goeie" kos is.

 Christo gaan in die nabye toekoms ‘n "Walk through" deur Pick & Pay reël, waar almal welkom sal wees, en waar al die "goeie" kosse uitgewys sal word.

 Verder is oefening natuurlik ook belangrik om obesitiet teen te werk, en jou lewenskwaliteit te verbeter. Die vereistes in dié verband is nie buitensporig nie : 3 ure per week se matige tot strawwe oefening is genoeg. Dit kan verkry word deur ½ uur per dag te stap (en nie langs die pad by iemand te stop vir ‘n dop nie). Van dop gepraat, Christo reken 2 glase rooi wyn per dag kan geen skade doen nie. Inteendeel, dis goed vir die hart en hartvate, en bevat ook heelwat anti-oksidante. Onthou : maer en onfiks is slegter as vet en fiks

 Ter opsomming : Ons vreet onsself dood as ‘n spesie!

 Bedanking van Spreker : Pres Willem bedank Christo vir die insiggewende praatjie. Chris Blom is baie trots op homself dat hy die vorige dag weer ernstig begin "gym" het

Blue Grass Brunch : Willem sê dit gaan goed met die tafelverkope. Dertien van die 25 tafels is reeds verkoop

 Gassprekers: Willem vra mooi dat ons asseblief op die uitkyk moet wees vir geskikte gassprekers. Dit maak die vergaderings net soveel meer interessant

 Tugmeester : Jaun Holtzhausen is aan die woord. Vir die wat nie geweet het nie, vertel hy gou van sy nuwe verpligtinge en toekomsplanne met Barlinka Kwekery wat hy nou oorgeneem het. Kan iemand hom miskien beboet vir dié gratis advertensie?

 Bywoning (Piet Winterbach)

 Teenwoordig..................17 (uit 32)

 Verskonings............................11

Persentasie..........................56%

 ‘Make-ups"...............................1

 Ander......................................3

 3.

 Afsluiting :Dit was nogal opvallend hoe baie manne hul mae probeer intrek terwyl die Vierledige Toets gelees is. Ek vermoed dit het gepaard gegaan met ‘n hele paar goeie voornemens. Na die tyd het Bokkie bekend gemaak dat hy in die mark is vir ‘n "Walking partner". Julle het sy nommer.

  If you can't make it as Sergeant, please inform Wharren at 023-347 7600 If you can't make it for Grace, 4 Way Test or Objects of Rotary, please exchange with someone else.

VERJAARSDAE

 Niks vir die week nie

 HUWELIKSHERDENKINGS

 Gerhard en Gerda Pienaar................................................1 September

 DATUMS OM AAN TE TEKEN - DATES TO DIARIZE

 Gassprekers : Jenny Howard en Johan Beukman.............................26 Augustus

 (oor Early Act en Interact)

 Partners Evening......................................................................2 September

 /4. Direkteursvergadering.............

 4.

 Direkteursvergadring....................................................................7 September

 RYLA Camp....................................................................30 Sept. - 3 October

 Blue Grass Brunch by Du Preez Kelder.............................................10 Oktober

 D-G Besoek..............................................................................18 November

 NASKRIF:

 Gordyne by Nuwehoop : Dié is toe Saterdag ( 21 Augustus) met mening

 gehang deur Piet Winterbach, Bokkie Niemand, Chris Blom en Johan Stofberg.

 And this is a contribution by Lorna, with thanks

 BEST SHORT STORY OF THE MONTH

 Two guys are drinking in a bar.

 One says:

 "Did you know that Lions have sex 10 to 15 times a night?"

 "BUGGER !" says his friend.

 "And I have just joined Rotary....."

 Rotary Groete

 Anton

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Previous page: Enquiries
Next page: PROJECTS